Reisigers en tuisblyers welkom op The Travel Thread se nuwe webwerf
“Hierdie platform gaan nie net oor bestemmings nie,” het Balt gesê. “Ek wil vir lesers wys nie net wáár om heen te gaan nie, maar ook hoe dit voel om daar te wees.”

Na drie maande onder die vaandel van Africa InTouch News, het The Travel Thread vandag, 5 Augustus, amptelik ‘n eie toegewyde webwerf geloods.
Hierdie publikasie van iOlogue Media het op 1 Mei vir die eerste keer regstreeks gegaan. Dit word gelei deur die gesoute redakteur en joernalis Mariana Balt. Balt is ‘n ervare reisiger- en kampeer entoesias met ’n ware passie vir die oop pad. “Hierdie kombinasie van ondervinding en vaardighede is nie iets wat mens agter elke bos uitskop nie,” het Anchen Coetzee, stigter van iOlogue Media, gesê en bygevoeg “In ‘n wêreld waar stories opgedis word deur KI, selfs (en ongelukkig ook) op die bladsye van dié in die toerisme-bedryf, is dit verfrissend om woorde te lees van iemand wat eerstehandse ervaring het van wat dit wérklik beteken om wanderlust in jou nersderm ingeweef te hê.”
The Travel Thread verdien om op sy eie te staan, en met sy nuwe tuiste by thetravelthread.co.za, het die platform ook sy fokus uitgebrei na die plaaslike gasvryheid en toerismebedryf, en nooi ieder en elk uit om met hul kontak te maak. “Mariana is boonop ‘n ervare inhoudskrywer en die een in die span wat al miljoene woorde geskryf het, en steeds skryf, vir iOlogue Media kliënte in die toerismebedryf,”
Balt is ’n bekroonde joernalis wat talle koerante, in Suid-Afrika en Namibië, geredigeer het. Sy is al byna agt jaar ’n senior skrywer by iOlogue Media en bring boonop ’n geslypte fotografiese oog na haar werk. Sy glo die hart van reis lê in mense, plekke en die onvertelde stories tussenin.
“Hierdie platform gaan nie net oor bestemmings nie,” het Balt gesê. “Ek wil vir lesers wys nie net wáár om heen te gaan nie, maar ook hoe dit voel om daar te wees.”
The Travel Thread is vir die nuuskierige reisiger, die nostalgiese dwaalgees, die plaaslike avonturier wat nuwe paaie soek, en die buitestander wat wil insien en droom.
Vir storievoorleggings of resensies, kontak Mariana per epos (editor@thetravelthread.co.za).
Vir vennootskappe, bemarking of inhoudsnavrae, kontak Anchen per epos (anchen@iologuemedia.com) of stuur 'n WhatsApp hier.

Comments ()